Vergifnis en Sny

Vanoggend, Vrydag, 9 Oktober 2026 maak die Here my wakker vroeg die oggend. Wel, ek het vroeg gaan slaap en het toe uitgeslaap wakker geword.

Uiteindelik kry ek tyd om stil te word en my brein is stil genoeg om die Bybel oop te maak.

Ek wil graag na Esra toe gaan, ek probeer al die kort profetiese boeke deurwerk, maar vat ‘n oomblik om te stop en aan te voel of ek iewers anders in die Woord moet gaan kuier met die Here.

I Konings 2 hoor ek, voel ek aan binne in my.

Nou goed. Lang geskiedenis boek, is reg Here.

Maar wow, wat ‘n ontdekking.

Dit is die hoofstuk waar die waardigste Joodse koning, koning David sterf en die koningkyk oorhandig aan sy seun Salomo.

Dit is heavy. Dit is heavy want dit is ‘n hoofstuk van oordrag tussen generasies.

Maar dit was nie wat my getref het van die stuk nie.

Wat my getref het is die storie daarna. Van broers.

Salomo se broer, Adonai wil weer vir Salomo onttroon in die hoofstuk met weldeurdagte strategiese planne.

In die storie noem dit dat Salomo vir Adonai vergewe het die eerste keer, in die notas noem dit: Salomo het gekies om Adonai te vergewe vir sy poging om die troon oor te neem, aangesien hy besef het dat Adonai rede gehad het om te dink dat hy die volgende koning sou wees.

Die tweede keer wat hierdie broer probeer het om Salomo te onttroon het Salomo gesny.

“En koning Salomo het gesweer by die Here en gesê: Mag goed so aan my doen en so daaraan toedoen – sekerlik Adonia het hierdie woord ten koste van sy lewe gespreek. En nou, so waar as die Here leef wat my bevestig het en my op die troon van my vader David laat sit en vir my ‘n huis gestig het volgens sy belofte – Adonia sal sekerlik vandag gedood word.

Daar was vergifnis en daar was sny

Dit is wat my byval vanoggend. Mens kan familie sny. Familie wat nie ophou verkeerd doen teenoor jou nie.

Daar was oorsien, ‘n versagtende hand oor die saak, oor die ontrou en te na kom, die sonde wat gepleeg is teenoor Salomo. Maar wanneer die ander party nie die geleentheid gebruik om te verander nie, maar nogteeds deur ‘n verkeerde vlam aangedryf word, hulle sondige natuur, het hulle nie die werk gedoen om uit die moeilikheid te bly nie.

Hulle moes die waarskuwingstekens gesien het, die vuur aan hulle bas gevoel het. Maar hardkoppigheid, selfsugtige ambisie, die sondige bose natuur het Adonia aangevuur om voort te gaan met sy planne om sy broer Salomo te ontneem die goeie planne wat die Here vir sy lewe gehad het.

In plaas daarvan dat hy self ‘n lewe geleef het wat in pas was met die Here en die Here se seen oor sy lewe.

Jaloesie. Bitterheid. Wedywering.

Die einde….dood. Afgesny en uitgesny uit die familie se verhaal. Heeltemal doodgemaak.

Wat ek bemoedigend vind in hierdie is dat ek ervaar die Here sê vir my vanoggend, selfs my beste, David se seun Salomo, het geweet wanneer om te sny.

Dit is ok om te sny, dit is goddelik.

Ek moes onlangs weer sny met familie. Ek het geleer dat mens nooit heeltemal die brue moet verbrand nie, maar die enigste terugkom kans in my lewe, is ‘n lewe waar die familielid soberheid en rehabilitasie kies. ‘n Wegkeer en omdraai van verwoestende gedrag.

Ek moes weer sny. Ek het weer gesny. Dit is moeilik en harde emosionele werk om finaal tot besef te kom, die familielid, soos Salomo se familielid, is iemand wat nie vir jou is nie.