LEWENSVERHALE

Baie welkom by ‘n plek waar stories van my lewe vertel word. Hierdie webwerf is hier spesifiek vir vrouens wat verskillende tipes mishandeling moes deurgaan in die lewe.

Die hart van die boodskap is hoop en verlossing van mens se verlede met die hulp van net die een wat jou waarlik kan help, Jesus Christus.

Jesus Christus en die werk wat Hy aan die kruis gedoen het sodat ons die seer en swaarkry van die lewe kan oorwin.

Hierdie webwerf is nie vir almal nie, die inhoud is swaar want dit deel swaar tye van verwerping, seksuele mishandeling en verstrengel raak in die uiterste okkultiese beweging wat “new age” genoem word.

Elke hoofstuk is ‘n tydperk uit my lewe uit en ek skryf soos wat ek onthou, of eerder soos wat die Heilige Gees my herhinner en lei.

Kom lees gerus en sien wat my lewesverhale kan bied in terme van hoop en oplossings wat tot genesing lei. Liewe leser, jy is baie welkom hier en ek bid die bloed van Jesus oor jou nou, dat die woorde wat hier geskryf is sal tref en kom regstel, regmaak en herlewing bring net soos die Heilige Gees dit goed vind.

As daar iets is wat regtig diep tref en jou innerlike wêreld ontstuimig maak, reik asseblief uit na een van die bedienings gelys op die bediening bladsy. As lesers is jy ook welkom om na my uit te ryk en dele van jou storie te deel.

Ek wil elke persoon aanmoedig om genesing na te streef. Ek het geleer dit vra tyd, geld en toewyding, dit vat ook emosionele werk om seer verledes te konfronteer en weer die trane te moet huil. Die Vertrooster weet, maar ook weet Hy presies van elke wond wat ons dra en wanneer ons reg is om gekonfronteer te word daardeur. Ek bid dat Hy elke wond tydig sal aanraak en die regte genesingsproses vir elke leser wat dit nodig het, sal uitwys.

Ek moedig ons aan, kom ons doen dit vir ons kinders, doen dit vir jou, doen dit vir jou familie. Dit is heilige werk om tyd en plek te maak vir genesing sodat die generasies kan genees.

D

VERHALE UIT MY LEWE
VIR BEMOEDIGING
VIR VERTROOSTING
VIR VERLOSSING

Nuusbrief

Teken in vir ‘n nuusbrief met die nuutste inskrywings en inhoud.