Hierdie boek is onder opdrag van die Here geskryf om vrouens my ouderdom en jonger te bemoedig, vertroos en te versterk wat ook deur lewenservarings gegaan het wat haar verwond en getraumatiseer het.
Dit raak spesifiek aan ongemaklik sake soos seksuele mishandeling en die vrug daarvan.
Deel van die boek se doel is om vrouens in Suid-Afrika te herstel en genees sodat veral die volgende generasie die vryheid kan ontvang wat bewerk is deur ‘n keuse wat ‘n vrou of mamma maak om haar lewe te begin genees van die seer uit haar verlede.
Hierdie is ‘n keuse wat ons elkeen maak en daar is trane, seer, tyd en hulpbronne soos finansies betrokke, maar die investering daarvan is vrede, vreugde en geregtigheid, die eindproduk is Koningkrykswerk.
Dit bemoedig ons ook as ‘n Afrikaanse kultuurgroep om ons wortels te ondersoek, die goeie te behou, ons ryk erfenis in kennis van Christus maar ook om die vermenging en verdraaing raak te sien en uit te roei uit ons lewens.