In graad 6 op elfjarige ouderdom het ek in ‘n manlike onderwyser se registerklas beland. Hierdie man was oorgewig en het heerwaarsynlik ‘n knou weggehad oor sy gewig want op ‘n dag in die hitte van ‘n oomblik het hy die woorde “jy is vet” oor my uitgespreek voor al die kinders. Ek onthou dit soos nou die dag. Die krag van daardie woorde het my seer getref. Dit was duidelik sy sielwond wat hy uitgehaal het op my..
As ontwakende jong meisie met nuwe hormone, het dit erge skade gedoen. Dit is die probleem met mense in autoriteitsposisies in jong kinders se lewens. Ek is seker baie mense het een of ander so ervaring in hulle lewe gehad.
Ek kan net onthou dat die impak baie groot was op my, al het hy dit nie bedoel nie.
Dit is net deel van daardie fase van n jong meisie se lewe. Mens se ontwakende identiteit is baie broos.
Dit is daardie tipe boelie gedrag wat Christa van Rooyen in haar boek, “Met my God Spring ek oor ‘n muur” (Van Rooyen) ook getuig dat dit kroniese siektes kan veroorsaak in kinders soos epilepie (in haar geval) en fibromalgie in haar dogter se lewe.
Hoe erg is dit! Om ook eers dertig jaar later die wortel te identifiseer, haar dogter en sy is nou tenvolle genees daarvan.
Dit is een van die klomp klein jakkelsies wat sou veroorsaak dat ek ook eetversteurings sou ontwikkel in die hoërskool. Ek was altyd langer en nie riet maer gewees nie, maar omdat ek nooit inbou of opbou van my pa spesifiek gehad het by die huis nie, het sulke insprake van buite baie dieper gaan lê as wat dit moet.
Meer oor identiteitsvorming tydens puberiteit
Volgens die webwerf Raising Children (“Raising Children Network”) is puberteit is die tyd wanneer jou kind deur ’n reeks belangrike, natuurlike en gesonde veranderinge gaan. Hierdie fisiese, psigologiese en emosionele veranderinge is ’n teken dat jou kind van kinderjare na volwassenheid beweeg. Veranderinge tydens puberteit sluit interne en eksterne fisiese groei en ontwikkeling in, asook veranderinge aan kinders se geslagsorgane, breinveranderinge, en sosiale en emosionele ontwikkeling. Puberteit begin wanneer veranderinge in jou kind se brein veroorsaak dat geslagshormone uit die eierstokke en testes vrygestel word. Dit gebeur gewoonlik rondom 10–11 jaar vir meisies en ongeveer 11–12 jaar vir seuns, maar dit is normaal dat dit reeds tussen 8–13 jaar by meisies en 9–14 jaar by seuns kan begin. Daar is geen manier om presies te weet wanneer jou kind puberteit sal begin nie, omdat die vroeë veranderinge in die brein en hormoonvlakke nie van buite sigbaar is nie. Daarom kan dit maklik lyk asof puberteit nog nie begin het nie. Puberteit kan binne ongeveer 18 maande voltooi wees, of dit kan tot 5 jaar neem.
Verandering in ‘n dogter se verhouding met haar ma en pa tydens puberiteit
Wanneer ’n dogter puberteit bereik, breek die ouer-kind-verhouding nie skielik nie, maar dit verander wel op belangrike maniere namate haar identiteit, onafhanklikheid en emosionele wêreld begin ontwikkel. Met haar ma beweeg die verhouding dikwels van eenvoudige afhanklikheid na ’n meer komplekse dinamika waar die dogter haarself met haar ma kan vergelyk in terme van voorkoms, gedrag en waardes, wat kan lei tot ’n mengsel van bewondering en spanning. Hormonale veranderinge en toenemende selfbewustheid kan meer wrywing veroorsaak, wat lei tot meer meningsverskille en groter sensitiwiteit vir kritiek, selfs terwyl sy steeds haar ma se leiding soek oor haar veranderende liggaam, emosies en verhoudings—al kan sy raad weerstaan as dit vir haar beheersend voel. Emosionele nabyheid kan wissel, met sommige dogters wat nader aan hul ma’s groei, terwyl ander tydelik onttrek om hul eie identiteit te vorm. Met haar pa bring puberteit dikwels ’n verskuiwing in bewustheid en grense, wat interaksies meer selfbewus of ongemaklik kan laat voel, al gebeur daar niks onvanpas nie. Terselfdertyd word ’n pa se rol veral belangrik om haar waarde, selfvertroue en gevoel van grense te bevestig, wat ’n invloed het op hoe sy verwag om in toekomstige verhoudings behandel te word. Sommige dogters kan ’n mate van emosionele afstand skep terwyl hulle nuwe gevoelens en onafhanklikheid navigeer, en sommige pa’s kan ook terugstaan omdat hulle onseker is hoe om in hierdie fase te reageer, maar ’n standvastige, respekvolle en emosioneel beskikbare vaderfiguur bly noodsaaklik vir haar gevoel van veiligheid. Oor die algemeen beweeg sy van ’n kind na ’n jong vrou, terwyl sy haar identiteit, waardes en onafhanklikheid vorm en leer oor grense, selfbeeld en verhoudings. Dit skep dikwels ’n trek-en-stoot-dinamika waar sy steeds haar ouers nodig het, maar ook ruimte nodig het om haar eie mens te word. Wat in hierdie tyd help, is konsekwente liefde, selfs te midde van konflik, respek vir haar groeiende onafhanklikheid, oop en nie-veroordelende kommunikasie, en duidelike maar regverdige grense. Al word elke dogter se ervaring gevorm deur haar persoonlikheid, kultuur en gesinsdinamika, is ’n mate van emosionele verskuiwing en herbelyning ’n normale en gesonde deel van hierdie fase.
As ek terugkyk kan ek duidelik begin sien dat hier rondom die ouderdom van 12 het ek begin soek vir my pa om my identiteit te begin vasmaak in die waarheid van wie ek is. Kosbaar, mooi en gekoester.
In hierdie tyd het ek ook opgelet dat kinders rondom my se hormome begin ontwaak en dat daar belangstelling is onder mekaar.
Ek kan onthou daar was seker meisies wat meer aandag geniet het as ander, en daar was seker seuns wat aaklige vuil seksuele grappe begin vertel het (oop deure). Dit het my ontstel as laerskool kind en het self verskriklik verlang na ‘n bietjie aandag van een of twee nat agter die ore seuns.
Ek wonder of my pa se sterk verteenwoordigheid in inspraak in my lewe die begeertes van my dogter hart in daardie tyd sou kalmeer het tot ‘n wete dat ek nie hoef te soek in die bondel nie.
Dit was die begin wat ‘n gevoel van uitgelewer wees, die teenoorgestelde van geborge. ‘n Goeie intervensie sou dalk iets soos Girl School gewees het saam met my ma. ‘n Kurses wat my leer van ‘n jong dame wees, asook saam met my ma sodat ons saam kan groei in hoe om my identiteit te vorm. Kyk gerus na www.girlschool.co.za – ‘n unieke bediening vir hierdie fase van mens se lewe. Greta Wiid raak ook hierdie area van die lewe aan met haar kursusse – https://grethawiid.co.za/aanlyn-kursusse/ .
Bemoediging
Hier aan die begin van 2025 sit ek in ‘n diens by ons kerk en ontvang van ‘n vroulike prediker. Haar tema was “‘n vars salwing”. Sy het die mooiste sag geaardheid en lang vloeiende hare, dra sagte vloeiende klere en lyk soos ‘n regte prinses.
In die diens bring pappa haar dogtertjie in wat mens dadelik kan sien trek na mamma in haar fyn vroulikheid. Lang blonde haartjies, fyn. ‘n Regte prinsessie.
In die praat die Here met my en wys my dat die prediker weet wie sy is, ‘n dogter van ‘n Koning. ‘n Prinses. In dit dra sy dit oor en giet die begrip en openbaring van wie sy is in haar dogter in. Die prinses van ‘n koningklike ryk en die prinssessie wat in haar voetspore volg.
Toe wys die Here vir my, in die spesifieke tyd in my lewe naamlik laerskool dae, was ek droog en dors.
Droog om gewater te word met die waarheid van wie ek is.
Gemaak in die beeld van God om te regeer oor sy skepping (Gen 1:27). Om in Jesus ‘n koningklike priesterskap en koningskap te beklee (Openbaring 1:6-9 en Openbaring 5:10). Om skaars minder as ‘n hemelse wese gemaak te wees (Psalm 8:5).
DIe Here het vir my gewys dat ek as ‘n dogtertjie droogte ervaar het aan my binnekant oor ‘n hele paar jaar want niemand het woorde van lewe gepraat oor my nie. Ware woorde uit die troonkamer van God.
Daar was woorde gepraat van “goed gedoen slim kind”, “mooi presteer”, “goeie rapport”, “jy het goeie maniere”. Maar niemand maar niemand het my in die oë gekyk en gesê: “Weet jy wie jy is in God se oë?”.
Duidelik het die Here ook vir my gewys dit kom ook van oordag van die ouer af. As die ouer weet wie hulle is in Christus. Wat die Woord van hulle sê, dan leef en praat hulle dit, en kinders volg die ouer se voorbeeld.
Kom ons skuif die fokus van besig wees met ‘n buite fokus wanneer ons kinders op laerskool is, na ‘n fokus na binne julle gesin, binne jou lewe as ouer en watter identeite in jou huis gekweek word in jou en jou kinders se lewens.
Groei saam in dit. Maak dit die prioriteit.
Daardie tennis ster wat later begin die wêreld toer moet weet op die baan, sy is eerstens en altyd ‘n koninglike dogter van die Koning. 1 Johannes 1:3 staan daar geskryf: “Kyk wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word!” Romeine 8: 14-17:
“Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus”.
Maak ook seker wanneer daar gepraat word en blootgestel word aan Jesus dat hulle weet hulle is ten-volle mede erfgename van Christus. Hulle het toegang tot al die geestelike skatte en gawes wat kom saam met in geloof Jesus te kies, Hom in te nooi in jou hart, lewe en dan gehoorsaam te wees aan die volgende stap van doop en dan invulling van die Heilige Gees.
Kom ons stap die pad van Waarheid met ons kinders al vroeg in hulle lewens. Kom ons gee vir hulle waarna hulle dors. Hulle ware identiteit in Christus en bemagtiging van die volle evangelie. Nie net droëe godsdiens, tradisie en rituele nie. Wêreldse media bronne en blootstelling aan heksery. Kom ons bid vir bemagtiging en versterking in ons binnemens om hierdie pad vooruit met ons kinders te stap. Kom ons bid vir genesing en vrymaking in ons eie lewens om skoon te wees van die hakke wat die duiwel in ons eie lewens het wat ons trek op hierdie paaie.